Tuesday, August 26, 2014

Toer: Augustus 2014

Ek het vanaf die 13de tot die 22ste Augustus op 'n toer gegaan in Suid Afrika. 
Hier is die plekke wat ek besoek het as spreeker:


Donderdag 14de:
Nelsdrif Primere Skool
Ek het twee optredes gedoen by hierdie skool.
Daarna het ek by 'n funksie gepraat in Bultfontein. 

Vrydag 15de:
Ek het daardie oggend opgetree by Hartswater Hoerskool. 


Vrydag 15de: 
Ek het daardie aand opgetree by 'n Ma & Dogter aand in Hartswater.


Saterdag 16de:
Daardie oggend het ek opgetree by 'n Manne Ontbyt net buite Hartswater (Magagong).


Maandag 18de:
Maandag oggend het ek vir Nuwe Hoop Skool besoek in Pretoria. Ek het eers met die staff gepraat, daarna met die hele skool.
Die kleuterskool het ook vir my 'n paar liedere gesing by hul musiek klas.


Woensdag 20ste:
Woensdag was ek by Midstream College (Midrand). 
Die Beeld koerant was ook daar, en het na die tyd 'n onderhoud met my gevoer.


Donderdag 21ste:
Ek het Eduplex skool vir die 2de keer besoek.


Donderdag 21ste:
Daardie middag het ek 'n homeschool besoek in Kyalami, waar ek met meisies gepraat het wat kogleere inplantings het.


Vrydag 22ste:
Daardie oggend het ek Lynnwood Manor Skool in PTA besoek.


Vrydag 22ste:
Daardie aand het ek 'n optrede gedoen by Laerskool Kragbron se ma & dogter aand in Witbank.

No comments: