Friday, October 17, 2014

Volksblad: 'Mej Doof SA Wil Lewens Aanraak'


Nie net is Elzane Vd Bergh die nuwe Mej Dowe SA nie, sy is ook 'n Bloemfonteiner! 
Baie baie geluk, Elzane! Jy was op die voorblad van gister se Volksblad. 
Die artikel en fotos op bladsy 3 is pragtig! 

Daar word selfs ook van my genoem. Dankie jong, Elzane. Dit is wonderlik om te weet dat ek jou so beinvloed het. Nou gaan jy ook die geleentheid kry om ander mense se lewens aan te raak!

"Elzane is die tweede Bloemfonteinse roos die afgelope vyf jaar wat hierdie titel verower. Vicki Fourie (2009) was die vorige wenner uit die Rosestad. Boonop is vanjaar se tweede prinses, Elrie du Toit, ook van die Rosestad.
“Aanvanklik wou ek nooit aan skoonheidskompetisies deelneem nie,” vertel sy. “Toe besef ek hoeveel invloed iemand soos Vicki Fourie (voormalige Mej. Doof SA) in my lewe gehad het. Ek het begin raaksien dat ek ’n verskil kan maak.” "

Lees die volle artikel hier:
http://www.netwerk24.com/nuus/2014-10-16-mej-doof-sa-wil-lewens-raak

1 comment:

Poetryman said...

A lovely website. Keep up the good work!