Wednesday, December 17, 2014

Huisgenoot: 'Bekendes Se Inspirasie'


Huisgenoot se artikel oor my nuwe boek 'God Lief My' is geplaas op hul website:

'Vicki se boek, met ’n daaglikse Bybelvers en boodskap, is spesiaal vir tienermeisies geskryf.
Vicki was ’n eensame tiener en voel doorom sy praat hul taal. “Ek sou pouses alleen in die badkamer sit met my toebroodjie en leesboek. Ek het gedink ek is die enigste een wat deur so iets gaan. Daardie jaar het ek as 14-jarige die dagstukkie boek Power to Soar deur Charles Slagle deurgewerk. Iets in my het verander. My omstandighede was steeds dieselfde, maar ek was besig om te verander.”
Nadat sy die Mej. Dowe SA-titel gewen het, het sy onder meer by skole as motiveringspreker opgetree. “Ek het agtergekom ek was nie al wat gesukkel het met eensaamheid nie.”
Die idee vir die boek het vorm aangeneem en sy het God Lief My binne vier dae geskryf. Vicki het 25 belangrike temas uitgeken waarmee sy op skool geworstel het. “Ek het al die onderwerpe in die Bybel gekry. Dis dinge soos vrees, vriendskap, vergifnis, respek, vermaak, talente, seksualiteit en hoop. As ek die boek in een woord moet opsom, sou dit wees: opbouend.”
Een van die sterkste boodskappe in die boek is om jou identiteit by God te soek en nie na verkeerde stemme te luister nie.'

Lees die res van die artikel hierso:
http://huisgenoot.com/nuus/kry-inspirasie-vir-die-nuwe-jaar-en-n-nuwe-jy/

No comments: