Thursday, February 19, 2015

Pierre Vee: Boek Bydrae

 
Pierre Pierre Vee, 'n musikant en fotograaf, asook skrywer vir Finesse, het my gekontak op Facebook:
 
Ek is besig met 'n nuwe boek, en sal jou graag een vraag daarvoor wil vra. Ek hoop om heelwat celebs, en ander persoonlikhede se kort antwoorde in die boek te publiseer as deel van 'n groter werk.
Sou jy belangstel om so 'n bydrae te lewer?
Die vraag is kortliks:
As jy jou kind een belangrike ding kan leer, wat sou dit wees?
 
Natuurlik het ek ingestem om deel te wees daarvan. 'n Groot eer! Ek het die antwoord vir hom gestuur vandag.
Ek hou jou op hoogtes sodra hierdie boek, asook my antwoord, op die rakke is.

No comments: