Tuesday, July 28, 2015

Beeld: Aardklop 2015 Programbrosjure



Die 23ste Julie het Beeld koerant (Gauteng) die Aardklop kunstefees se programbrosjure verkoop.
Kinders van Stilte - die teaterproduksie waarin ek een van die hoofrolle speel - gaan ook by Aardklop wys.
 
Hier is meer info:
 
KINDERS VAN STILTE
 
Venue: Girls High
Koste: R100
Ouderdomsbeperking: Geen o/16: VO
Taal: (Afr.)
Duur: 80 min
’n Sjarmante onderwyser verloor sy hart op ’n hardkoppige, dowe oudleerling. Maar wat gemaak as sy weier om sy taal te leer praat en slegs deur gebaretaal wil kommunikeer? Hoe het jy lief in ’n wêreld van stilte? Die eerste Afrikaanse vertaling van die wêreldbekende Children of a Lesser God is terselfdertyd skreeusnaaks en hartverskeurend. Met Zane Meas (Neville Meintjies van 7de Laan), Antoinette Louw, Vicki Fourie en Jason Farao. Teks: Mark Medoff. Vertaling: Antoinette Louw. Regie: Heleni Handt.

Datums:

6 Okt om 14:00
7 Okt om 20:00
8 Okt om 9:00
9 Okt om 13:00
10 Okt om 19:00

Meer inligting hierso - en kaartjie besprekings:
http://www.cloveraardklop.co.za/program/kinders-van-stilte/

No comments: