Tuesday, July 14, 2015

Tygerberg/Stellenbosch Universiteit Nuusbrief: No. 500

In die nuutse nuusbrief van Tygerberg Hospitaal / Stellenbosch Universiteit het hulle 'n kort berig van my getuienis geplaas. Ek was pasient nr 500.
Hier is die volle berig:
Vicki Fourie (No 500)
In 2011 het ek opgetree as gasspreker by ‘n fondsinsamelingsfunksie vir ‘n baba wat ‘n kogleêre inplanting sou kry. Ekself het gehoorapparate gebruik. By die funksie het my oudioloog my vertel dat ek eintlik ook ‘n kandidaat vir ‘n inplanting is.
Kort daarna moes ek my gehoorapparate opgradeer en selfs die sterkstes het my nie gehelp nie. ‘n Inplanting was toe die enigste opsie. Vir 2 jaar het ek geworstel met die besluit om dit te doen of nie.
Nou bietjie meer as een jaar na my operasie kan ek met oortuiging sê: “Ek is so bly ek het dit gedoen!” Toe ek my kat kon hoor miaau vir die eerste keer, was dit vir my ‘n hoogtepunt. In die begin het die spraak-en-klank oefeninge my tot trane gedryf. Elke dag het ek saam met my ouers geoefen. Dit was so moeilik om nie te lip lees nie, en net te luister. Ek moes ook  hard konsentreer op die klanke wat ek in my spraak uitgelaat het. Ek het bewus geraak van wat buite om my aangaan en het besef hoeveel ek gemis het. Elke dag is dit klein stappe, maar dit raak al hoe groter. My wêreld raak ook al hoe groter.

No comments: